Skip to main content

Aanvanklike muntaanbiedings

'n Gewilde fondsinsamelingsmodel onder maatskappye, hoofsaaklik aanvangsondernemings, wat hul aanbieding van produkte en dienste ontwikkel, gewoonlik verwant aan die blokketting-ruimte. Dit word in Engels ‘n Initial Coin Offering of ICO genoem.

 

In hierdie afdeling kyk ons na die rol van aanvanklike muntaanbiedings as 'n beleggingsgeleentheid. In die tradisionele finansiële wêreld kan ICO’s vergelyk word met skarebefondings-platforms soos Kickstarter.

By Yknot Blockchain Solutions gebruik ons dikwels 'n seevaar metafoor om die konsepte en terme wat verband hou met blokketting-tegnologie te verduidelik. Ons sou sê dat die najaag van ICO-beleggings is soos om ons te waag na verre lande op soek na onontdekte juwele. Die kriptografiese items of bewyse (tokens) wat jy insit, sal jou belang in die skat bepaal.

Kom ons verduidelik dit in tegniese terme.

In hierdie nuwe itemekonomie is aanvanklike muntaanbiedings (ICO) die kriptogeldeenheid-industrie se ekwivalent aan 'n aanvanklike openbare aanbieding (Engels: Initial public offering - IPO) [1].

Maatskappye begin 'n AMA wanneer hulle geld moet insamel om 'n nuwe muntstuk, toepassing of diens te skep. Belangstellende beleggers kan in die aanbod koop en 'n nuwe kriptografiese item of bewys (token) ontvang wat deur die maatskappy uitgereik word. Hierdie kriptografiese item of bewys (token) kan 'n mate van nut hê in die gebruik van die produk of diens wat die maatskappy aanbied, of dit kan 'n belang in die maatskappy of projek verteenwoordig. Hierdie kriptografiese items of bewyse (tokens) is soortgelyk aan aandele van 'n maatskappy wat tydens 'n aanvanklike openbare aanbieding (IPO) aan beleggers verkoop is [1].

Aanvanklike muntaanbiedings is 'n gewilde fondsinsamelingsmodel onder maatskappye, hoofsaaklik aanvangsondernemings, wat hul aanbieding van produkte en dienste ontwikkel, gewoonlik verwant aan die blokketting-ruimte. ICOs is grootliks ongereguleerd, sonder toesig oor ruilkommissie.

Statiese poele of dinamiese poele (aanvanklike muntaanbiedings)

Dit kan as statiese of dinamiese poele gestruktureer word, gebaseer op of die prys of aantal kriptografiese items of bewyse (tokens) in die aanbod beperk is. (sien die figuur hieronder).

Yknot DAO

Kom ons kyk na 3 scenario's wat wys hoe aanvanklike muntaanbiedings gestruktureer kan word:

  1. 'n Maatskappy kan 'n spesifieke doelwit stel of sy befondsing beperk. In hierdie geval word elke token in die muntaanbieding verkoop teen 'n voorafbepaalde prys, en die totale beskikbare kriptografiese items of bewyse (tokens) is beperk in getal (staties).
  2. 'n Maatskappy het dalk 'n oop befondsingsdoelwit, maar bied 'n beperkte aantal kriptografiese items of bewyse (tokens). Soos die fondse in die poel toeneem, sal die koste per kriptografiese item of bewys (token) vir beleggers toeneem.
  3. 'n Maatskappy kan 'n oop befondsingsdoelwit hê, met 'n dinamiese itemnommer, wat die prys van kriptografiese items of bewyse (tokens) op 'n voorafbepaalde prys stel.

In 'n Aanvanklike Openbare Aanbieding (IPO) ontvang 'n belegger aandele in 'n maatskappy in ruil vir hul belegging. 'n Maatskappy wat 'n AMA bekendstel, verskaf die blokketting-ekwivalent van 'n aandeel - 'n kriptografiese item of bewys (token) - wat die waarde van hul belang in die belegging verteenwoordig. Hulle aandeel in die skat, so te sê.

Volgens die US Securities and Exchange Commission (SEC) [12] is 'n aanvanklike muntaanbiedings anders as 'n aanvanklike openbare aanbieding (IPO) as die onderliggende tekengeld insamel vir 'n reeds bestaande besigheid en nie onafhanklik van daardie besigheid funksioneer nie. Dit kan beteken dat 'n bestaande maatskappy uitbrei, 'n nuwe produk ontwerp of in tegnologie-opgraderings belê om hul huidige aanbod te verbeter.

Kriptografiese items of bewyse (tokens) kan gekoop word met fiat-geld (plaaslike geldeenhede soos Dollar of Euro), of met 'n primêre kriptovaluta (cryptocurrencies) soos Telos (TLOS), Bitcoin of Ether [11]. 'n Kriptografiese item of bewys (token) het geen intrinsieke waarde of wetlike waarborg nie (in vergelyking met aandele), maar hulle word versprei op grond van die reëls (vervat in 'n slimkontrak).

Beleggers word gewoonlik gemotiveer om kriptografiese items of bewyse (tokens) te koop in die hoop dat die projek sal slaag. As dit wel gebeur, sal die waarde van kriptografiese items of bewyse (tokens) wat tydens daardie muntaanbieding gekoop is styg. Dit beteken dat beleggers algehele winste behaal. Aanvanklike muntaanbiedings hou die potensiaal vir baie hoë opbrengste in, wat die primêre voordeel daarvan is.

Waarna om te soek in 'n goeie aanvanklike muntaanbiedings-geleentheid:

Enige individu wat wil belê in 'n maatskappy wat gebruik maak van hierdie tegnologie as 'n manier om fondse in te samel, moet [1]:

  1. Maak seker dat die projekontwikkelaars hul doelwitte duidelik gedefinieer het deur middel van 'n eenvoudige en verstaanbare witskrif.
  2. Ken die ontwikkelaars of maatskappy
  3. Soek wettige bepalings en voorwaardes (slimkontrak) wat opgestel is (aangesien dit nie gereguleer word nie).
  4. Maak seker dat fondse in 'n borg-beursie gestoor word ('n veilige kluis wat die fondse hou voordat dit van een party na 'n ander oorgedra word - dit word gewoonlik bestuur deur 'n slimkontrak wat die fondse vrystel sodra alle partye hul kontraktuele vereistes nagekom het).

Where to find ICO opportunities:

In hierdie afdeling het ons jou bekendgestel aan aanvanklike muntaanbiedings, wat op itemgebaseerde (token-based) platforms plaasvind. In die volgende afdeling sal ons dieper duik na itemgebaseerde platforms.

Verwysings

[1] J. Frankenfield, "Initial Coin Offering (ICO)", Investopedia, 2020. [Online]. Available: https://www.investopedia.com/terms/i/initial-coin-offering-ico.asp. [Accessed: 06- Jul- 2021].

[2] "Spotlight on Initial Coin Offerings (ICOs)", U.S. Securities and Exchange Commission, 2021. [Online]. Available: https://www.sec.gov/ICO. [Accessed: 06- Jul- 2021].